15 dae gelede
Lykhuis vir massas al in gebruik
Morgue
Die nuwe massa-lykshuis is nou gereed.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

DIE nood massa-lykshuis wat die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement voorberei het, is in werking.

Die veldhospitaal wat by die Tygerberg-hospitaal opgerig is, kan 770 lyke in sy yskaste hou.

Die gesondheidsdepartement het bevestig die massa-lykshuis is in gebruik en daar is reeds mense wat daar lê wat weens die corona-virus dood is.

“Die massa-fasiliteit het 12 containers. Daar is tans plekke vir 576 rakke en sodra die oorblywende rakke afgelewer word sal daar 624 plekke wees,” het woordvoerder Mark van der Heever gesê.

Die fasilieit is operasioneel en nege gevalle is reeds daar opgeneem. Doodsertifikate word uitgereik en counceling vir mense wat rou word ook by die sentrum aangebied.

‘n Veldhospitaal is ook by die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool opgerig. ¬ News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters