15 dae gelede
Nuwe alkohol reëls help dalk oor Paasnaweek
KOPSEER: Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê die Weskus is die enigste distrik wat nog nie gestabiliseer het nie.  ~ Facebook

DAAR sal na die Paasnaweek boeke gevat word om te sien of pres. Cyril Ramaphosa se beperking van alkoholverkope, voor die langnaweek, toe wel gehelp het al dan nie.

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, glo dat die beperking op alkoholverkope wel die gewensde uitwerking sou hê.

Cloete verwag dat die traumagevalle sal die komende lang naweek platoë.

“Die verwagting wat ons het is dat die beperking op off-site verkope en die beperking op toegang tot alkohol oor die Paasnaweek beslis 'n impak sal hê op die trauma-eenhede oor die langnaweek.

“Ons het dit voorheen al gesien. Ons verwag nie ’n massiewe vermindering van dié gevalle nie. Ons verwag wel 'n impak, maar meer 'n afstomping impak in terme van waar ons 'n hoë toename sou gehad het." 

Volgens Cloete is die gesondheidsdepartement steeds hard aan die werk om ’n derde gholf van die corona-virus te vertraag.

“As departement tel en monitor ons die gevalle, ons maak die verbintenis en ons beheer die bosbrande.

"Hoe groter die bosbrand, hoe moeiliker is dit om te beheer." 

Hy voeg by: “Almal het die vermoë om die verspreiding te stop, deur gewoontes te verander en toe te pas. Dit is wat die derde golf sal vertraag.”

Intussen sê die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, die provinsiale regering is steeds aan die werk om die algemene alkohol regulasies strenger te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters