8 maande gelede
Nóú is die tyd vir ’n testament
GESELS: Jy kan jou testament deur ’n gekwalifiseerde adviseur laat opstel sonder om enige koste aan te gaan.  ~ Istockphoto

ONS isoleer ons en sanitise gereeld, maar hoe skoon is ons finansiële sake?

Weens die globale Covid-19-pandemie staar minstens nog 15 dae van afsondering Suid-Afrikaners in die gesig.

Baie pas streng higiëniese maatreëls toe om infeksie te vermy, maar terwyl jy jou huis skoonmaak, is dit ook die ideale tyd om jou finan­siële sake op te ruim.

Getref

Nou is die tyd om ’n paar goed af te handel wat reeds te lank uitgestel is, soos om jou testament op datum te kry.

“Vandat die corona-virus Suid-Afrika getref het, is daar meer gesprekke oor mens wees op sosiale media,” sê die uitvoerende hoof van Capital Legacy, Alex Simeonides.

“Ongelukkig weet ons almal dat om en by 75% van Suid-Afrikaners nie ’n testament het nie.”

“Terwyl mense by die huis is, het hulle meer tyd en die geleentheid om oor moeilike onderwerpe te praat met hulle gades en ander familielede en om hulle administratiewe sake in orde te kry.

“Die pandemie het almal se gedagtes gefokus op gesondheid en hoe om voor te berei vir die onverwagte.”

Moenie dié belangrike taak langer uitstel nie Baie mense stel die opstel van hul testamente uit omdat hulle aanneem dat dit ’n komplekse en uitgerekte taak sal wees, maar daar is verskeie maniere om ’n testament op te trek sonder om noodwendig na ’n prokureur te gaan.

Eektroniese testamentêre dienste en templates is beskikbaar, maar dis net een manier van dinge doen.

Tog is hulle nie altyd geskik vir ingewikkelder boedels nie, soos wanneer jy oorsese eiendom en beleggings het of as jy in ’n tweede huwelik is en ’n gemengde familie het.

Wat jy ook moet besef, is as jy die vorms verkeerd invul of as jy nie twee onafhanklike getuies kan kry om saam met jou die testament te onderteken nie, is die testament dalk ongeldig kragtens die hooggeregshof.

Dit sal jou familie met ’n finansiële hoofpyn laat wanneer jy afsterf.

Daar is wette wat voorskryf hoe jou geld, bates en eiendom verdeel sal word as jy afsterf sonder ’n testament (intestate boedel).

Bespreek

Dit kan die administrasie van jou boedel met jare vertraag en dalk word dit dan nie uitgevoer soos jy wou hê nie.

Dis ’n goeie idee om jou behoeftes met ’n gekwalifiseerde konsultant te bespreek.

Jy kan dan vrae aan haar of hom stel om enige iets wat jy nie verstaan nie, op te klaar.

Dis sodat die konsultant kan verseker dat jou testament geldig is.

Jy kan jou testament laat opstel deur ’n gekwalifiseerde adviseur sonder om enige koste aan te gaan en jy kan dit nou oor die foon doen sonder om iemand persoonlik te ontmoet.

Simeonides sê: “Ons help meer as 6 000 kliënte elke maand om hulle testamente op te stel en nou kan ons met hulle oor die foon konsulteer.”

“Dit verseker dat kliënte steeds dié belangrike dokument kan laat opstel en afhandel.

“Dit bied hulle families sekerheid in dié tyd van wêreldwye onsekerheid wat ontstaan het weens die pandemie.”

Daar is ook produkte beskikbaar wat dekking bied teen die koste verbonde aan afsterwe en jou boedelbereddering.

Dit verseker dat jou familie toegang het tot finansiële hulpbronne om die regs- en administratiewe koste te dek.

Hulp

Wat die opstel van jou testament betref, is vroeër eerder as later die beste, veral gedurende die onsekerheid van ’n pandemie.

  • Vir hulp met die opstel van ’n testament, bel FTI Con­sulting by 082 775 4743 of stuur e-pos na karnein@fticonsulting.com of besoek die webwerf fticonsulting.com.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters