28 dae gelede
Nóg ’n week in sy dinges
Omstrede: Die scooters van R10 miljoen het baie Oos-Kapenaars mense se mond laat oophang. Foto: mkhuseli sizani  ~ 

DAAR was vandeesweek geen tekort aan drama wat nuus vanuit die Oos-Kaap betref nie.

En soos wat dit nou maar die laaste paar maande die norm is, het Covid-19-verwante stories die nuus van die week oorheers.

  • Maandag het ons berig oor ouers van leerders by West End Primêr in die Baai wat wil hê hul skool moet sy deure sluit weens die Covid-19 vrese daar.

Bekommerde ouers voel die departement van basiese onderrig wil hul kinders na hul dood stuur omdat social distancing volgens hulle nie by die skool toegepas sal kan word nie.

  • Dinsdag was inwoners van die Arcadia-woonbuurt hoogs die dinges in oor ’n vermeende pedofiel wat na bewering meer as twee weke gelede vier dogtertjies betas en laat porn kyk het. Die gemeenskap is oorbluf oor die besluit om die verdagte nie strafregtelik te vervolg nie.
  • Ons hoofstorie Dinsdag was oor raadslid Georgen Miggels van Uitenhage wat vertel het oor sy battle met Covid-19. Miggels sê sy stryd was so erg, hy het glad demone gesien.
  • Woensdag was ons hoofstorie die Suid-Afrikaanse nasionale weermag se mediese span wat nou in die Oos-Kaap ontplooi is.

Die Covid-19-gevalle in die provinsie neem skrikwekkende afmetings aan en die weermag se dokters is nou hier om uit te help in hospitale wat tans gebuk gaan in die stryd teen die corona-virus.

  • Donderdag het ons Baaise gestremdes se stryd in lockdown ’n bietjie onder die soeklig geplaas.

Dit gaan maar moeilik met almal, maar vir gestremdes is dit soveel moeiliker – veral diegene wat nie ledemate het nie en as laaste uitweg in die rommel moet rondkrap op soek na iets om te eet.

  • Vrydag het ons gelead met gemoedere in Arcadia wat finally oorgekook het oor die beweerde perv in hul midde. Woedende inwoners het die vermeende pedofiel se huis bestorm en dit tot op die grond afgebreek. Volgens die polisie het die betrokke huiseienaar nie ’n klag by hulle gelê nie.

Ook aan die broei is die Oos-Kaapse departement se omstrede aankope van scooters vir ’n allemintige R10 miljoen!

Hierdie aangepaste scooters sou mense in rural areas na hospitale vervoer, maar selfs die nasionale gesondheidsminister, dr. Zweli Mkhize, staan nou uit die water en sê hulle het nie die go-ahead vir hierdie aankope gegee nie.

  • Son se tyd in die Oos-Kaap staan ongelukkig ál hoe meer einde se kant toe.

Maar tot dan beloof ons om voort te gaan om net die beste en mees relevante nuus vir ons lojale Oos-Kaapse lesers op te dis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters