Verlede maand
Nog 523 sterf weens Covid
coronavirus,covid-19
Meer as 71 000 mense in Suid-Afrika is al weens Covid-19 dood.  ~ Andriy Onufriyenko

SUID-AFRIKA het 523 nuwe Covid-19-sterftes die afgelope 24 uur aangeteken.

Dit bring die aantal sterftes tot 71 431.

Luidens die jongste statistieke van die nasionale instituut vir oordraagbare siektes is 13 751 nuwe gevalle die afgelope 24 uur aangeteken.

Die meerderheid daarvan (3 968) is van die Wes-Kaap gevolg deur Gauteng met 3 655 nuwe gevalle.

Altesaam 598 mense is in die hospitaal opgeneem in vergelyking met die vorige dag.-JacarandaFm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters