25 dae gelede
NMBM is geworry oor getalle
Thsonono Buyeye  ~ Daily Sun

DIE Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het sy kommer uitgespreek oor die toename in Covid-19-gevalle in die metro.

Zwide en New Brighton is tans die nuwe areas wat kommer wek. Albei het onlangs die kerf van 500 positiewe gevalle verbygesteek.

Die metro sê Motherwell is steeds die stad se hotspot met altesame 1 753 bevestigde gevalle sedert 11 Julie.

KwaZakhele het altesame 906 gevalle, terwyl Uitenhage en KwaNobuhle onderskeidelik 957 en 955 gevalle het.

Die waarnemende mayor van Nelson Mandelabaai, Thsonono Buyeye, sê hy is baie bekommerd oor die syfers in die metro.

Hy sê hy hoop die curfew sal ’n einde bring aan die onwettige saamtrekke.

Verander

Intussen was daar ook ’n spike by die St. Albans-gevangenis. Dié gevangenis het tans altesame 150 Covid-gevalle.

Shane Brown, voorsitter van die rampbestuurforum in Nelson Mandelabaai, sê die hotspots is besig om toe te neem en sal aanhou toeneem totdat inwoners hul gedragspatrone verander.

Luidens die jongste nasionale statistiek oor Covid-19 is daar altesame 709 sterftes in die Oos-Kaap en 19 975 aktiewe gevalle.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters