Verlede maand
Net party nou gehelp by Netcare
hospitaal
Netcare se apteke is gesluit vir die publiek.  ~ Nellie Brand-Jonker

ALLE dienste by die in-house apteke in Netcare-hospitale is vanaf gister vir die publiek opgeskort om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Dit word gedoen sodat minder mense na die hospitale kan stroom, wat die risiko vir die oordrag van die corona-virus na gesondheidswerkers kan verlaag.

So sê Jacques du Plessis, die MD van Netcare se hospitale-eenheid.

Alternatiewe reëlings is getref om seker te maak dat pasiënte wat kroniese medisyne by Netcare-apteke kry, nie agterweë gelaat word nie.

Pasiënte wat maandelikse medisyne vir ’n kroniese geval met ’n voorskrif by dié apteke ontvang, moet reël vir die afhaal van pre-packaged medisyne by ’n afhaalpunt in die screening area buite die hospitaal.

Verskaffing

Andersins kan aptekers reël vir ’n kontak by ’n retail-apteek, afhangend van die keuse van die pasiënt vir die afhaal van die medisyne.

Die apteekdienste vir die hospitale sal steeds voortgaan, volgens Du Plessis.

Hy sê die volle verskaffing van dienste aan pasiënte in hulle sorg in die hospitale sal voortgaan.

Dít en die to-take-out (TTO)-medikasie vir pasiënte wat ontslaan is met volle voorskrif wat by die hospitaal ontvang is.

Die apteke sal ook medisyne gee vir dokters en werkers by die hospitale.

Du Plessis hoop mense sal verstaan hoekom dié besluit geneem is, en dit is vir die bekamping van die corona-virus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters