27 dae gelede
Musiekinstituut sluit ook weens Covid
Kunstenaars van die Kaapse musiekinstituut.  ~ News24/file

NOG 'n ‌instelling gaan hul deure weens Covid-19 moet sluit.

News24 berig dat die Cape Music Institute op 10 Mei aangekondig het dat hul deure tydelik gaan sluit, weens 'n afname in besigheid.

In 'n verklaring sê die instituut: "Die huidige omgewing het ons bedrywighede drasties geraak, met 'n aansienlike afname in die besigheid, inkomste van fooie en lae studente toelatings. 

Volgens Craig Nel, voorsitter van die instituut, was daar tot nou slegs een studente toelating vir die jaar. In 2020 was daar 30 studente toelatings.

"Ons gemiddelde jaarlikse toelatings voor Covid-19 was 65 per jaar."

Nel voeg by dat studente en hul borge ondervind finansiële beperkinge, met oud-studente wie nie hul uitstaande fooi kan betaal nie. "Dit alles is 'n aansienlike knou vir die instituut se inkomste."

Hy is egter optimisties.

Nel het aan News24 genoem daar is die moontlikheid dat klasse hervat kan word.

"Dit alles hang af van inkomste, met die toelating van nuwe studente en oud-studente skuld wat betaal word.

"Daar is ook huidige en nuwe strategiese partnerships en daar word in die agtergrond aan ander opsies gewerk."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters