Verlede maand
'Moenie in vrees lewe'
germany
'n Vrou van Oudtshoorn het positief getoets vir die corona-virus.  ~ Foto ter illustrasie

OUDTSHOORN se eerste geval van Covid-19 het geen idee waar sy die virus opgedoen het nie.

Charmain Huyser sê sy het sowat twee weke gelede siek begin voel, maar het nie 'n hoes of seer keel gehad nie.

"Ek het geen idee waar ek die virus kon opgedoen het nie en corona was die laaste ding waaraan ek gedink het toe ek begin siek voel het," het sy aan die Oudtshoorn Courant gesê.

Huyser sê sy was geskok toe haar dokter Dinsdagoggend vir haar sê sy is positief getoets.

"Ek was geskok, want soos meeste mense het ek gedink dit is 'n virus wat ek nie sal kry nie," sê sy.

Huyser het met die media begin praat nadat sy kommentaar op sosiale media gesien het van mense wat aandring om te weet wie die mense is wat Covid-19 het.

"Ek verstaan dat mense in vrees lewe oor die virus en dit is hoekom ek en my dokter gepraat het en besluit het om mense te laat weet daar is geen rede tot paniek nie."

Haar boodskap aan inwoners is dat hulle nie in vrees moet lewe nie. Sy sê ook dit is belangrik dat mense mekaar moet ondersteun.

"Ek word 50 Maandag en dit gaan seker die vreemdste verjaarsdag van my lewe wees." - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters