3 dae gelede
Mkhize's optimisties na hul positief toets vir Covid-19
zweli mkhize,may mkhize
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, en sy vrou, dr. May Mkhize. FOTO: Twitter  ~ 

DR. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, en sy vrou, dr. May Mkhize, het beide positief getoets vir die corona-virus.

Die minister het die aankondiging Sondagaand gemaak.

Mkhize het die nuus gebruik om 'n beroep te doen op Suid-Afrikaners om die gesondheidsmaatreëls te gehoorsaam.

"Ek wil smeek dat ons nie vergeet om ons maskers te dra nie, handhaaf social distancing en was/sanitise jou hande.

"Wat ons ookal doen en waar ons ookal gaan, hou in gedagte dat daar is nog 'n risiko van 'n tweede wave." 

Hy noem dat die egpaar hulself Saterdag laat toets het, nadat hy ligte simptome van die virus begin toon het.

Mkhize sê: "Ek het abnormaal uitgeput gevoel en soos die dag aangegaan het, het ek my eetlus verloor. My vrou het 'n hoes gehad, was duislig en verskriklik moeg."

Volgens die minister is sy vrou deur dokters aangeraai om by die hospitaal opgeneem te word vir observasie. 

Die minister noem verder dat oor die afgelope week was die egpaar se enigste kontak hul familie en van die staff in sy kantoor. Hulle almal is ook nou in isolasie.

"Ek is in kwarantyn by die huis en myself en my vrou is optimisties dat ons van die virus sal herstel."

Mkhize se pleidooi aan Suid-Afrikaners is vir almal om hul rol te speel.

"Ons moet onsself en ons geliefdes beskerm."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters