16 dae gelede
Misdaad steeds ’n erge kommer
ONVEILIG: Hoewel rooftogte hier afgeneem het, het misdaad en bedrog elders kop uitgesteek.  ~ Melinda Stuurman

ROOFTOGTE en inbrake by banke het toegeneem.

Dis nou volgens die South African Banking Risk Information Centre (Sabric) se statistieke.

Sabric sê besigheids­inbrake het met 27% toegeneem en rooftogte by besighede met 86%.

’n Sabric CEO, Nischal Mewalall, sê die Covid-19-pandemie het ’n geweldig negatiewe impak op die wêreld gehad.

Maar saam met ekonomieë wat begin knyp en werkloosheid wat intree, het misdaad skerp toegeneem.

Benewens die tradisio­nele rooftogte het cyber crime toegeneem, sowel as scams.

Wat Mewalall bekommerd maak, is dat die veranderings in die uitbetaling van social grants en relief funds en soortgelyke prosedures Suid-Afrika baie kwesbaar maak vir korrupsie, gewapende rooftogte en procurement-bedrog.

Samewerking

Mewalall sê misdade soos ATM bombings en cash-in-transit heists het afgeneem.

Dis danksy samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die banke, verduidelik hy.

Hy waarsku egter dat die publiek heeltyd wakker moet wees, aangesien die gemeenskap nou soveel meer blootgestel word aan scams en bedrieërs wat allerhande maniere sal probeer gebruik om onskuldige mense in te loop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters