Verlede maand
Minister weet nie waarom Covid toets nog R850 kos nie
Patient getting tested for coronavirus
Minister Joe Phaahla sê "Die departement het geen idee waarom die prys vir die Covid-19 toets nog R850 is nie."  ~ Pedro Pardo/AFP

DIE departement van gesondheid was nie betrokke in die bepaling van die onkoste van R850 vir 'n Covid-19 toets by private instellings nie.

Sò sê die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, oor die onkoste wat nou deur die kompetisie kommissie ondersoek word.

Die ondersoek volg nadat die raad van mediese-skemas 'n klag gelê het.

Phaahla het Vrydag aan die parlement genoem dat sy departement wel by die klag gaan aansluit, want daar is geen rede vir die charge van private toetse nie.

Toe hy in parlemennt gevra is waarom die prys dieselfde gebly het, ondanks verbetering in tegnologie en die getal toetse wat uitgevoer word, het die minister gesê sy departement was nie betrokke in die bepaling van die bedrag nie.

"Die departement het geen idee hoekom die prys vir die Covid-19 toets nog R850 is nie.

"Daar is 'n klag in dié verband by die kompetisie aangemeld." 

Hy sê verder die departement het ook die kompetisie kommissie gevra om te ondersoek.

'n Covid-19 toets wat by 'n private laboratorium uitgevoer word kom teen 'n standaard bedrag van R850, wat 'n voorgeskrewe minimum voordeel vir mediesefondslede is. Dit wil sê dit word gedek ongeag die mediesefonds opsie van die lid. 

Sommige labs het die bedrag verminder, maar dit bly steeds hoog. 

Die drie hoof private maatskappye wie se name op die departement se webtuiste verskyn as verskaffers van labdienste vir Covid-19 toetse is Ampath, Lancet en Pathcare.

Ampath vra 'n bedrag van R710, insluitend VAT. Pathcare vra steeds R850, ongeag die patiënt se mediese fonds opsie óf hy of sy 'n pensionaris is. 

Ampath het die bedrag vanaf 2 Desember na R725, insluitend VAT, verminder. 

Toetse by staatshospitale word gratis deur die nasionale gesondheidslabratoriumdienste (NHLS) uitgevoer. Die NHLS is die grootste patoloogdienste in die land. - timeslive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters