14 dae gelede
Miljoene kan siekte kry
’n icu-BEDFoto: WIKIMEDIA  ~ 

TOT 70% van die SA bevolking sal Covid-19 kry waarvan 20% ernstige gevalle sal wees, skat Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Dit beteken tot 40 miljoen gevalle, met 8 miljoen wat ernstig sal wees.

Suid-Afrika het die kapasiteit om 5 000 mense per dag te toets, maar dié week sal dit toeneem tot 15 000 en teen die middel van April sal 30 000 getoets kan word, berig Business Insider.

News24 berig die land het net 3 000 intensiewesorg-beddens – te min vir tot 500 000 wat gehospitaliseer kan word. 

KRY HIER MEER INFO

OM DIE korrekte inligting oor die virus te kry, is hier ’n lys nommers om te kontak en websites om te besoek:

Belangrike kontaknommers:

  • • Amptelike tolvrye inbelsentrum – 0800 029 999
  • • Hotline vir klinici – 082 883 9920
  • • Provinsiale hotline – 021 928 4102
  • • Amptelike WhatsApp-hulpdiens – Stuur ’n “Hi” aan 0600 123 456
  • • Departement van gesondheid se e-posadres – doh.­dismed@westerncape.gov.za

Alle lyne is 24/7 oop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters