Verlede maand
Metrorail hou treine virusvry
VANDALISME: Die sentrale spoorlyn is reeds maande buite werking.  ~ Foto Verskaf

NOG geen gevalle van Covid-19 is op treine aangemeld sedert dit weer in Augustus begin loop het nie.

Raymond Maseko, waarnemende streeksbestuurder van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) in die Wes-Kaap, sê die maatreëls wat tot dusver ingestel is, werk.

“Ons vra pendelaars om steeds alle reëls na te kom soos wat die maatreëls verslap word en dat hulle verantwoordelik optree om te keer dat die virus versprei.

“Klantediens se personeel en sekuriteitswagte sal steeds seker maak alle veiligheidsmaatreëls word op die platforms gehandhaaf.”

Intussen is twee stasies op die Suidelike lyn tussen Kaapstad en Retreat weer sedert gister oopgestel.

Die Muizenberg- en Vishoek-stasie is nou ook in gebruik.

In dié stadium sal treine nie oor naweke loop totdat daar ’n aanvraag daarna is nie.

Volgens Riana Scott, ’n woordvoerder van Metro­rail, loop die treine nou teen 70% op vlak 2.

“Treine word gesanitise op die Kaapstad-stasie- en Vishoek-stasie, en sal oornag ook ontsmet word.”

Pendelaars word gemaan dat hulle nie op die treine mag ry as hulle nie maskers op het nie.

Hulle moet ook 20 minute voordat die trein ry daar wees sodat sanitising kan plaasvind voordat kaartjies gekoop word.

Tye kan ook aangepas word om aan te pas by die omstandighede.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Prasa se sekuriteitsplan ook bekendgestel.

Pyplyn

“Ons wil samewerking hê tussen die minister van polisie, die minister van staatsveiligheid, die departemente van justisie en korrektiewe dienste, en die Nasionale Vervolgings­gesag.”

Mbalula het planne saamgestel omdat die spoorweë lamgelê word deur vandalisme.

Planne om die sentrale spoorlyn oop te maak, is steeds aan die gang.

Scott het gesê hulle is nie seker presies wanneer nie, maar dit is in die pyplyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters