Verlede maand
Mense ouer as 35 wys hoe
OP DREEF: Die inentingsprogram in die Wes-Kaap vorder sover goed.  ~ Foto ter illustrasie:Gallo iStock

SEDERT mense ouer as 35 jaar kan registreer vir inenting, begin die hele registrasie-proses nou vinnig vorder.

Premier Alan Winde het in kommentaar gesê hy is baie beïndruk met die aantal mense wat geregi­streer het.

Hy sê dis ’n bewys dat mense in dié ouderdomsgroep eager is om die jab te ontvang.

Hy sê: “Ek doen ook weer ’n beroep op mense in die ouderdomsgroepe 50+ en 60+ wat nog nie geregistreer het vir die inenting nie, om dit te doen.

Daar is ook verskeie inisiatiewe om mense te help om te registreer.

Winde voeg by: “Ons het gister die mylpaal bereik om in totaal 1 064 481 mense in die provinsie te hê wat geregistreer is vir die inenting.

  • 450 361 (62,6%) van die mense is in die ouderdomsgroep 60+, van wie 494 481 al die jab gekry het.
  • 266 064 (39%) mense in die ouderdomsgroep 50+ is geregi­streer en 180 472 het al ’n jab ontvang, terwyl 33 868 die volle twee dosisse ontvang het.
  • 348 056 (23%) van die ouderdomsgroep 35+ is reeds geregistreer.

Winde sê die prioriteite met die inentingsprogram bly nog dieselfde.

Verblydend genoeg is daar ’n afname in die kurwe en dit kom tans te staan op syfers wat laer is as in die middel van die tweede golf van die pandemie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters