Verlede maand
Mense is óór die pandemie
KAN NIE WORRY: Talle loop sonder maskers rond asof Covid-19 iets van die verlede is.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Hier in die munisipale streek Langeberg is net één positiewe Covid-19 geval.

Die Langeberg munisipaliteit het dié ­aankondiging die afgelope week op sy Facebook-blad gedoen.

Maar nou gons dit vreeslik in die vallei van wyn en rose dat dié syfer ’n bietjie onwaarskynlik klink.

Talle mense het gesê indien dit werklik die geval is dat net een mens positief getoets is, is dit baie goeie nuus.

Charmain Eden, ’n inwoner hier, meen dat die syfers dan taamlik moes afgekom het.

“Voor Easter was daar dan so baie mense wat ­positief vir die virus getoets is,” redeneer Eden.

Ruben Kastoor sê dat mense nie nou moet dink hulle kan onverskillig lewe aangesien die spread van die virus so mooi afgekom het.

Bekommerd

Gister voor ’n bekende supermark het baie mense sonder maskers geloop.

Selfs kinders wat voor die ingang gestaan en bedel het, het sonder hul maskers gestaan.

’n Bekommerde inwoner sê mense gee nie meer om nie en daai kinders hoort mos anyway in die skool.

’n Ander inwoner vra: “Waar is hul ouers dan?”

Die man sê wat hóm worry, is dat daar gepraat word van ’n derde wave wat op pad is, maar steeds is daar sekere mense wat net nie wil worry nie.

Volgens dié man moet die mense nou hul sokkies optrek, want as hulle hul daaraan gaan afsmeer, gaan die syfers weer die hoogte inskiet.

Die munisipaliteit vra ook steeds dat mense gereeld hul hande was en hul maskers te alle tye in die openbaar moet dra. Sanitise ook steeds as jy by ’n plek ingaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters