6 dae gelede
Meer as 600 cops met virus besmet
Bheki Cele, minister van polisie.  ~ Argief

POLISIELEDE, wat steeds gemeenskappe tydens die lockdown moet dien, is van die noodsaaklike werkers wat die hardste getref is deur die corona-virus.

Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag aan die media gesê 611 manne in blou het al Covid-19 opgedoen en 101 van hulle het herstel.

Die Wes-Kaap het met 441 gevalle die meeste infeksies gevolg deur die Oos-Kaap met 4.

Cele het die polisie se nasionale- en provinsiale bestuurskomitees ook bedank vir die versekering dat protokols in plek is en dat dit gevolg word.

"Ons was pro-aktief. Die intense sifting en toetsing het daartoe gelei dat 3 000 lede onder kwarantyn geplaas is en honderde lede in afsondering is."

Cele sê daar is 121 polisiestasies en 40 eenhede landwyd waar lede positief getoets en die perseel besmet is. In die Wes-Kaap moes 19 stasies weer ontsmet word.

Cele het ook kennis geneem van klagte teen die polisie oor hul hardhandigheid.

"Ons neem kennis van 'n voorval wat verband hou met 'n joernalis wat na bewering deur die polisie in Ficksburg aangerand is en na Lesotho gevlug het. Ons bevestig dat die saak nou by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat is en onder my instruksie geondersoek word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters