4 maande gelede
Meer as 50 sterf oornag weens Covid-19
covid-19
Foto ter illustrasie  ~ 

IN die afgelope 24 uur is meer as 50 Covid-19 verwante sterftes aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in 'n verklaring: "Ongelukkig moet ons bekend maak dat daar 52 Covid-19 verwante sterftes in die land was.

"Dit bring die totaal op 481 te staan."

Suid-Afrika se bevestigde gevalle het die afgelope 24 uur ook met meer as 'n duisend gestyg.

Die land het Maandagaand 23 615 bevestigde gevalle gehad.

"Van die 596 777 toetse wat gedoen was, was 12 992 in die afgelope 24 uur.

"Die aantal herstel gevalle het ook tot 11 917 gestyg." 

Covid-19 syfers in SA: 25 Mei 2020

Bevestigde gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 15 396
  • Gauteng: 2 993
  • Oos-Kaap: 2 748
  • KwaZulu-Natal: 1 882
  • Vrystaat: 208
  • Limpopo: 132
  • Noordwes: 109
  • Mpumalanga: 102
  • Noord-Kaap: 45

Recoveries:

  • Wes-Kaap: 7 221
  • Gauteng: 1 899
  • Oos-Kaap: 1 335
  • KwaZulu-Natal: 1 168
  • Vrystaat: 121
  • Mpumalanga: 61
  • Limpopo: 55
  • Noordwes: 29
  • Noord-Kaap: 28

Covid-19 verwante sterftes:

  • Wes-Kaap: 330
  • Oos-Kaap: 61
  • KwaZulu-Natal: 49
  • Gauteng: 30
  • Vrystaat: 6
  • Limpopo: 3
  • Noord-Kaap: 1
  • Noordwes: 1

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters