25 dae gelede
Mediesefondse sal Covid-entstof vir lede dek
vaccine
Die koste van die entstof sal gedek word deur die mediesefonds.  ~ foto ter illustrasie

ALLE mediese-fondse in die land sal die onkoste van die Covid-19-entstof vir hul lede dek.

Die versekering kom nadat die Suid-Afrikaanse raad vir mediese-skemas die Covid-19-entstof by sy lys van voorgeskrewe minimumvoordele gevoeg het.

Die nuwe lys van voorgeskrewe minimumvoordele volg na konsultasie tussen die mediesefondskemas en die departement van gesondheid. 

SABCnuus berig dit sluit nou ook in screening, toetse en mediese bestuur van Covid-19, insluitende ventilasie en rehabilitasie.

Damian McHugh, bemarkingsbestuurshoof van Momentum Health Solutions, sê die dekking vir die Covid-19-entstof gaan 'n aparte voordeel wees en nie uit lede se spaarfonds kom nie. 

“Enige persoon wat ‘n mediesefonds het gaan gedek word vir die entstof. Dit gaan nie uit dag-tot-dag-fondse kom nie. Die koste van die entstof sal gedek word deur die mediesefonds." - SABCnuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters