23 dae gelede
Mediese sorg by Lentegeur beïndruk
Michael Jacobs  ~ Son

“EK, MICHAEL Jacobs, is ’n survivor.”

Met dié woorde het die Mitchells Plain-gemeenskapsaktivis sy eerste tree uit die Covid-19-saal by die Lentegeur-hospitaal gegee.

Jacobs is omtrent twee weke gelede in die hospitaal opgeneem nadat hy positief getoets is vir die virus.

Volgens Jacobs het hy eers nie vertroue in die mediese stelsel gehad nie, maar sedert hy by die Lentegeur-hospitaal opgeneem is, het dinge vir hom verander.

“Volgens die way hoe die mediese personeel my behandel het, moet ek sê hulle is die beste.

Veg

“Die span is professioneel en werk 24 uur om diegene te help wat hulle nodig het.

“Almal word dieselfde behandel. Hulle veg regtig vir hul pasiënte. Dit hang net van jou af om saam met hulle te werk.”

Die woorde kom weke nadat Jacobs in die sosiale media gedreig het om op ’n hongerstaking te gaan as hy nie in ’n gesondheidsentrum opgeneem word nie.

Jacobs verduidelik hy is op Saterdag 23 Januarie per ambulans geneem na die Mitchells Plain-gemeenskapsentrum, waar hy aangesê is om terug te keer huis toe om te isoleer.

“Die dokters, skoonmakers, kombuisspan en Gift of the Givers-span by Lentegeur verdien eer! Hulle is besig om mense se lewe te red. Ek sê dankie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters