Verlede maand
Mayor toets positief vir Covid-19
coronavirus
Siyabulela Zangqa.  ~ Twitter

DIE Engcobo-munisipaliteit het Dinsdag aangekondig dat hul mayor, Siyabulela Zangqa, positief vir Covid-19 getoets het.

Sivuyile Myeko, munisipale woordvoerder, sê lede van die publiek wat met Zangqa in aanraking gekom het, moet dringend vir toetsing gaan.

Myeko sê al 39 raadslede van die munisipaliteit en ’n onbekende aantal munisipale werkers sal Woensdag getoets word.

Hy sê dit is deel van die munisipaliteit se voorsorgmaatreëls in samewerking met die Oos-Kaapse departement van gesondheid.

Die munisipaliteit het sy perseel tydelik gesluit om ontsmet te word.

Lede van die publiek word versoek om nie die munisipale perseel te betree nie en om hul wyksraadslede te gebruik waar dringende hulp nodig mag wees.

“Nie-noodsaaklike-personeel sal van die huis af werk,” sê Myeko. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters