2 maande gelede
Maskers en gloves nie ’n moet
OP AANDAG: Cops in gereedheid toe minister Bheki Cele hulle Sondag in Belhar toespreek.  ~ Peter Abrahams

IS DIT regtig nodig vir die dra van maskers en handskoene wanneer jy noodsaaklike inkopies gaan doen?

Oral waar ’n mens beweeg sedert die uitbreking van die corona-virus, sien jy mense met maskers en handskoene aan.

Selfs wanneer hulle alleen ry, is hulle bedek uit vrees dat hulle besmet sal word met die dodelike virus.

Verskeie professionals dink egter dis onnodig om te gaan shop met maskers en handskoene aan.

Inteendeel, dit hou ’n groter gesondheidsrisiko in vir almal.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het Suid-Afrikaners daarteen gewaarsku om handskoene en maskers te dra tydens die lockdown van 21 dae.

Die twee items help eintlik om die corona-virus te versprei.

Die departement sê as jy nie siek is nie en nie in noue kontak is met iemand wat die corona-virus het nie, hoef jy nie ’n masker of handskoene te dra nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) hou ook vol met sy algemene aanbeveling dat as jy gesond is, hoef jy nie ’n gesigsmasker te dra nie.

Veg

Sommige kenners stel egter voor dat die grootskaalse gebruik van gesigsmaskers eintlik nuttig kan wees om die oordrag van die virus te bekamp.

Gerhard Walzl, ’n mediese professor, sê mediese personeel wat teen die virus veg, moet die items gebruik.

Walzl beweer die gebruik van handskoene en maskers kan lei tot ’n groter kans op infeksie.

Die departement van gesondheid het duidelike riglyne vir die publiek opgestel.

Hy raai die publiek aan om goeie handhigiëne toe te pas. Dit behels dat jy jou hande gereeld 20 sekondes lank met water en seep was en nie aan jou gesig raak nie.

Ook moet jy ’n afstand van ten minste 1,5 meter van ander mense af handhaaf as jy jou huis moet verlaat vir noodsaaklike items of mediese sorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters