Verlede maand
Man kla hy is vir toets rondgestuur
TOE: Talle mense moes omtrent van een punt na ’n ander gaan om getoets te word.  ~ Peter Abrahams

HERWAARTS en derwaarts gestuur om getoets te word.

Dís wat inwoners van Mitchells Plain vroeër vandeesweek deurgemaak het terwyl hulle klaar gespanne was om uit te vind of hulle die virus het of nie.

Een inwoner vertel hy moes toe noodgedwonge alternatiewe planne maak om getoets te word.

Dit het gebeur nadat twee van die Plain se klinieke weens Covid-19-gevalle hul deure vir dienste moes toemaak om eers ontsmet te word.

Zahid Badroodien, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid, bevestig dat Lentegeur en Tafelsig se klinieke albei gesluit moes word.

Kontak

Volgens Badroodien is werkers in dié klinieke positief vir Covid-19 getoets. Die geboue moes sluit om eers ontsmet te word en ’n risikobepaling te laat doen.

’n Inwoner (57) van Colorado Park in Mitchells Plain sê hy sukkel al sedert laas Vrydag om getoets te word en hy is al so ver as Pelican Park gestuur om dáár getoets te word.

“Ek moes getoets word omdat ek met ’n positiewe geval in kontak was.

“Vrydag toe sê hulle by Lentegeur dat ek Maandag moes terugkom omdat die rye te lank was en dit was vir my verstaanbaar gewees.

“Maandag toe sê hulle die aantal mense is klaar gehelp en ek moet Dinsdag kom.

“Dinsdag toe bel hulle en sê die kliniek is toe weens werkers wat die virus het.”

Hy sê hy is na Strandfontein se kliniek gestuur, maar daar is hy ook weggewys omdat dit gereën het.

“Eventually is ek toe by Pelican Park gehelp. Die probleem is dat die departement mense heeltyd rondstuur.

“My redenasie is dat dít die manier is om die virus nóg verder te kan versprei.”

Badroodien sê dat alternatiewe reëlings gemaak is sodat mense steeds in die Plain getoets kon word.

“Tafelsig se deure het Woensdag oopgemaak en terwyl Lentegeur nog toe is, kan mense gebruik maak van die klinieke in Rocklands of Mitchells Plain.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters