Verlede maand
Leerder gerape ná sy masker vergeet
'n Leerder van KwaZulu-Natal is verkrag toe sy haar masker by die huis wou gaan haal.  ~ Foto ter illustrasie: Son

'N LEERDER van KwaZulu-Natal wat terug huis toe gestuur is omdat sy haar masker vergeet het, is langs die pad verkrag.

Die voorval het Maandag met 'n gr. 7-leerder van die Mnyama Primary School in Bulwer in die Harry Gwala-distrik gebeur.

Volgens die departement van onderwys het die leerder haar masker by die huis vergeet en is by die siftingspunt gevra om dit te gaan haal.

Toe sy weer by die skool aankom, het sy die verkragting aangemeld. Die hoof het haar na 'n kliniek geneem en 'n klag is by die polisie gelê.

Kwazi Mshengu, die LUR van onderwys, het die voorval veroordeel.

Mshengu sê dit is 'n barbaarse en pynlike daad.

Die departement gee die leerder tans sosio-sielkundige ondersteuning. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters