Verlede maand
Langeberg waarsku inwoners
henry jansen
Die mayor van Langeberg, Henry Jansen, is onder die inwoners van die streek wat dood is aan Covid-19.  ~ 

INWONERS moenie te gemaklik raak nie.

Dis die waarskuwing van die Langeberg-munisipaliteit aan sy inwoners nadat meer as 900 mense reeds positief getoets het vir Covid-19 en 40 mense daarvan gesterf het.

Onder die 40 Covid-19 sterftes is die dorp se eerste burger, Henry Jansen. Hy het vroeg in Julie sy stryd teen Covid-19 in 'n hospitaal in Worcester verloor. 

In 'n verklaring sê die munisipaliteit daar is 'n kommerwekkende toename in bevestigde gevalle vanaf 1 Junie toe daar net 27 bevestigde gevalle was tot 31 Julie toe 919 bevestigde gevalle geregistreer is.

Volgens statistieke van die Wes-Kaapse departement van gesondheid was Julie ook die dodelikste maand vir die streek met 'n gemiddeld van een persoon wat per dag aan Covid-19 dood is.

Soyisile Mokweni, munisipale bestuurder van Langeberg-munisipaliteit, sê volgens hul eie vooruitskattings sal die aantal bevestigde gevalle teen die einde van hierdie maand toeneem tot meer as 1 500 met sowat 70 Covid-19 sterftes mits daar vinnig opgetree word.

"Daar is ook meer en meer mense wat nie die lockdown-regulasies eerbiedig nie en ook diegene wat van die belangrike persoonlike higiene-maatreëls ignoreer."

Die munisipaliteit het begin Julie 'n voorkomings- en beskermingsveldtog begin.

“Die doel is om mense in te lig oor wat hulle kan doen om die verspreiding van die virus te voorkom."

Mokweni voeg by: "Ons het ook opgelet dat met die verslapping van regulasies is daar baie wie nie social distancing handhaaf nie of nie maskers dra of gereeld hande was of sanitize nie." 

Hy noem dat die munisipaliteit in die komende weke die veldtog sal eskaleer.

'n Beroep is op inwoners gedoen om die lockdown-regulasies te gehoorsaam en hulself nie onnodig aan risiko's blootstel om die virus op te doen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters