13 dae gelede
Lande vrees tweede vlaag
WEER? Mense in Spanje hou asem op vir ’n tweede Covid-19-vlaag wat die land kan tref.  ~ AP

TERWYL Suid-Afrika sy eie battles fight teen die pandemie, misdaad, ekonomiese ondergang en werkloosheid op ’n rekordvlak, lyk dinge in die res van die wêreld ook nie te rooskleurig nie.

Gister het statistieke van die Johns Hopkins Universiteit getoon dat meer as 16,9 miljoen mense ter wêreld sover positief getoets is vir die virus.

Van hulle het sowat 10,4 miljoen herstel.

Die wêreldwye dodetal het gistermiddag op meer as 664 000 gestaan – en dit styg steeds.

Die Noordelike Halfrond sukkel van voor af met nuwe gevalle wat opvlam. Dít nadat lande gedink het die ergste is verby.

Gister het Engeland aangekondig dat hy alle vakansiegangers se planne na die Baleariese en Kanariese Eilande tot 4 Augustus kanselleer. Voor dit moes almal wat uit Spanje terugkeer eers onder kwarantyn bly.

Aangemeld

China, wat die heel eerste gevalle gehad het, het nou weer 101 nuwe gevalle, asook 89 in sy outonome streek Xinjiang.

Indonesië het ook 2 381 nuwe gevalle aangemeld, wat die land se totaal gister na 104 432 gevalle geneem het.

In Indië, een van die mees dig bevolkte lande ter wêreld, gaan dit ook nie goed nie.

Kundiges reken meer as die helfte van die inwoners in die dig bevolkte slums in Mumbai die virus het.

Rusland se syfers staan ook al op amper 830 000 gevalle. Aljazeera

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters