Verlede maand
Lande sluit oor Covid weer styg
STYGING: In Europa en Amerika veral maak die corona-virus erg amok.  ~ iStock

OOR die afgelope vier dae was daar in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal tekens dat die corona-virus begin spike.

Hoewel daar nog nie gepraat kan word van ’n second wave nie, bestaan daar kommer dat dit wel kan gebeur.

In die Wes-Kaap sê dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, daar is nie ’n second wave nie, maar wel ’n herlewing van die virus.

Gesondheidskenners het gewaarsku mense moet hul hande was en maskers dra sodat dit nie gebeur wat tans in Europa en Amerika aan die gang is nie.

In Europa het die virus weer sy kop kwaai uitgesteek. Frankryk gaan weer ’n nasionale lockdown binne.

Duitsland het ook besluit om sy kroeë en restaurante ’n maand lank toe te maak. Feitlik die hele Europa gaan erg gebuk onder ’n tweede vlaag van die dodelike virus.

Lande in Europa het vir maande probeer om die verspreiding van die virus te keer, maar dit het nie gehelp nie.

Frankryk se president, Emmanuel Macron, sê beamptes het geen ander keuse nie en hospitale word voller soos die mense regdeur die land siek word.

Die lockdown het gisteraandbegin en sal tot 1 Desember duur.

Hy sê groot dele van Europa is in dieselfde bootjie en die tweede vlaag gaan moeiliker wees om te keer.

Hy meen dit sal dodeliker as die eerste een wees.

In Frankryk alleen het 527 mense Dinsdag gesterf.

Europese geldmarkte het ook tot hul laagste vlakke in maande gedaal.

Sekondes

Brittanje se premier, Boris Johnson, is ook gevra om weer ’n nasionale lockdown in te stel.

In Amerika gaan dit net so erg. Luidens data sterf iemand daar elke 107 sekondes aan Covid-19.

Data van die Johns Hopkins-Universiteit wys daar is die afgelope sewe dae ook 500 000 nuwe gevalle aangemeld van mense wat die virus het. Elke 1,2 sekondes is daar ’n persoon wat aansteek. – USA Today / The New York Times

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters