21 dae gelede
KYK: Bloue onthou as man van integriteit
david abrahams,covid-19
ONTHOU: Kollegas, gemeenskapsleiers en inwoners almal beskryf David Abrahams as 'n man van integriteit.  ~ Anele Mfazwe

'N POLISIEMAN met integriteit.

So is AO. David Jonathan Abrahams Woensdagaand by sy roudiens in Amstelhof in die Paarl beskryf.

Son het onlangs berig oor die 54-jarige Abrahams wat aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede is. Dit nadat hy vroeër by die hospitaal se ICU opgeneem was.

Abrahams se weduwee, die gemeenskapsaktivis, Alvina Abrahams, het tot die laaste gehoop dat haar man sou herstel.

Kollegas, gemeenskapsleiers en inwoners het almal vir Abrahams as 'n man van integriteit beskryf.

Sy vriende sê almal hulle verkies om hom te onthou soos hy gelewe het.

"'n Man wat nooit teruggestaan het vir 'n skollie nie," sê een kollega.

Volgens hulle het Abrahams van braai en potjiekos gehou.

Sy oudste seun, Evro Abrahams, wat ook in die polisiediens is, het die gemeenskap en veral polisiebeamptes vir hul ondersteuning bedank.

"In die polisie word daar gesê 'an injury to one is an injury to all'. En ek kan sien net hoe waar dit is."

Conrad Poole, mayor van Drakenstein, het ook hulde aan Abrahams gebring.

Poole wie die familie en vriende met teksverse uit die Bybel bemoedig het, het Abrahams ook as 'n man van integriteit beskryf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters