12 dae gelede
Kunstenaars gaan hof toe oor geld
Flat lay of retro microphone on double colorful ba
Kunstenaars sleep nou die Nasionale Kunsraad hof toe.  ~ ter illustrasie/ Getty Images

KUNSTENAARS soek antwoorde!

Soveel so dat talle organisasies, besighede en individue in die kuns en kultuurbedryf nou regstappe neem teen die nasionale kunsraad. Dit kom na wanadministasie van die Covid-19-verligtingsfonds. 

Die fondse is deel van die presidensiële stimuleringspakket, waarvan die departement van kuns en kultuur meer as R300 miljoen ontvang het. 

EWN berig dat baie kunstenaars het nie hul geld ontvang nie en 'n saak is die afgelope week by die Wes-Kaapse hooggeregshof geopen.

Die fondse is veronderstel om kunstenaars te help om hul werke te behou, deur 'n loonsubsidie, onderwyl 'n tweede pakket daarop gemik was op werkskepping deur projekte.

Behalwe dat van die kunstenaars nie geld ontvang het nie, is baie ook nie van hul status van die befondsingstoelaagaansoek inkennis gestel nie.

Die aansoekers vra ondermeer die hof om die kunsraad te verplig om die balans van die beloofde finansiering aan hulle te betaal. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters