12 dae gelede
Kudde-immuniteit nie 'n opsie - WGO
Tedros Adhanom Ghebreyesus
Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.  ~ AP

TEDROS Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het lande gewaarsku om nie die corona-virus doelbewus te laat versprei om kudde-immuniteit op te bou nie.

Ghebreyesus sê dis oneties om 'n gevaarlike virus "wat ons nie verstaan nie", vrylik te versprei.

"Dit is nie 'n opsie nie," sê hy.

Kudde-immuniteit is wanneer 'n groot deel van die bevolking immuniteit teen die virus opgebou het en nie weer daarmee besmet kan word of ander daarmee kan besmet nie.

Meer as 37,5 miljoen mense wêreldwyd het Covid-19 en meer as 'n miljoen is al daaraan dood. Amerika het steeds die meeste bevestigde gevalle gevolg deur Indië en Brasilië. Dié drie lande het ook die meeste sterfgevalle. 

Suid-Afrika het tans meer as 694 000 bevestigde gevalle met meer as 18 000 mense wat reeds daaraan dood is. Die land sit met amper 51 000 aktiewe gevalle.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters