Verlede maand
Korruptes moet val, sê Sadou
INPALM: Die unie is woedend oor korrupsie.  ~ Foto ter illustrasie: Peter Abrahams

SKELMS wat die corona-virus-pandemie misbruik om hulself te verryk, moet vasgetrek word.

So vaar die grootste vakbond vir onnies, die Suid-Afrikaanse Demokratiese onderwysersunie (Sadou) uit.

Sadou se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het die afgelope naweek virtueel vergader.

Luidens ’n persverklaring het die NUK sy woede uitgespreek oor sogenaamde “covidpreneurs” wat die verkryging van tenders vir PPE gebruik om hul sakke vol te stop.

Die NUK sê hy blameer die nasionale tesourie, wat die proses van die verkryging van tenders tydens die lockdown gedesentraliseer het.

Die statement lees: “Die NUK spreek sy woede uit oor die feit dat die regering versuim het om staatswerkers hul verhoging te gee soos dit in 2018 se onderhandelinge bespreek is.

“En dít gebeur terwyl gewetenlose politici miljarde deur PPE-tenderbedrog inpalm.

“Die nasionale tesourie se besluit om die proses van tendertoekenning te desentraliseer, het gelei tot die chaos.

“Miljoene mense het hul werk verloor terwyl die wolwe voortgaan om sonder enige gevolge te steel.”

Die NUK wil ook hê die strafregstelsel moet sy rol speel om die skurke so gou as moontlik agter tralies te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters