2 maande gelede
Koors nie die enigste clue
TOE NEUS: Die virus maak dat mense nie behoorlik kan proe en ruik nie.  ~ Reuters

TERWYL talle lande wêreldwyd in lockdown gaan, het China sy lockdown in dele van die Hubei-provinsie gelig.

Dis die Chinese provinsie wat die ergste geraak is deur die nuwe corona-virus.

In Wuhan, waar dit in Desember uitgebreek het, sal die lockdown tot 8 April duur. Hubei het feitlik geen nuwe gevalle van besmetting met die gevreesde virus nie.

Die episentrum van die pandemie het reeds na Europa geskuif. Italië en Spanje het die grootste getal pasiënte en die meeste sterftes in Europa.

China het steeds die tweede meeste sterftes.

Verloor

Intussen het dokters in onder meer Amerika gewaarsku benewens die bekende simptome soos koors kan mense met die virus onder lede hulle reuksintuig verloor.

Die American Academy of Otolaryngology het gevra anosmie (reukverlies) moet ook geplaas word op die lys wat gebruik word om te screen vir Covid-19, die siekte wat die virus veroorsaak.

Beamptes van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gaan ook ondersoek instel na reukverlies weens die corona-virus.

Dr. Maria van Kerkhove, hoof van die WHO se emerging diseases and zoonosis unit (oordrag van siektes van diere na mense) sê hulle kyk na reuk- en smaakverlies.

“Ons reik na verskillende lande uit en bekyk die gevalle om te sien of daar enige ooreenkomste is.

“Ons het nog nie enige antwoorde nie.”

Prof. Clare Gerada, ’n mediese dokter in Londen, het ook siek geword, maar herstel. Gerada (60) het die virus moontlik in New York opgedoen toe sy ’n konferensie daar bygewoon het.

Sy het vertel die simptome wat sy gehad het, was baie soos dié van griep – koors, ’n droë hoes, spier- en borspyn, seer keel, hoofpyn, kouekoors en duiseligheid.

“Ek is bly ek het dit gekry en is moontlik nou immuun daarteen. Nou kan ek my kollegas help.”

  • Teen laat gister is 383 389 gevalle wêreldwyd aangemeld en het 16 582 mense reeds gesterf. Alte­same 102 548 het herstel.

Die lande met die meeste sterftes is Italië (7 077), China (3 277) en Spanje (2 316). – WHO en pulsetoday.­co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters