24 dae gelede
‘Kliniek kan nie toe bly’
TOEGEKAP: Die Helenvale-kliniek is al sedert November 2018 toe.  ~ Mkhuseli Sizani

Die plaaslike GPF en Helenvale Aksiegroep (HAG) wil hê personeel wat wil werk, moet by die Helenvale-kliniek aangestel word.

Die kliniek is al sedert November 2018 gesluit nadat bendegeweld rondom die fasiliteit uitgebreek het.

Simon Davids, HAG-voorsitter, sê: “Politieke partye verkies dat die kliniek toe bly, want hulle wil dit gebruik as ’n politieke speelbal in volgende jaar se verkiesing.

“Daar is nie ’n manier hoe die kliniek toe kan bly nie. Die 44 000 inwoners van Helenvale ly hieronder en moet nou groot onkostes aangaan om per taxi na die kliniek in Malabar te gaan.”

Uitgebrei

Davids sê dié wat nie ’n taxi kan afford nie, waag hul lewe om deur bosse na ’n kliniek te loop.

“Ons het vroeër vanjaar vergaderings gehad en ’n veiligheidsplan ingehandig by die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid, Sindiswa Gomba. Sy was hêppie daarmee.

“Ons het voorgestel die departement moet mense by die Helenvale-kliniek aanstel wat hier wil werk, maar pleks daarvan het die gesondheidsowerhede nou gevra dat die Malabar-kliniek uitgebrei moet word.”

Wayne Jaggers, GPF-voorsitter in Gelvandale, sê die kliniekpersoneel se weiering om daar te werk, maak dinge ingewikkeld.

“In ons plan stel ons ’n kantoor voor wat beman word deur polisie- en GPF-lede en CCTV-kameras wat deur lede van die gemeenskap geskenk gaan word.”

Siyanda Manana, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die veiligheid van hul staff kom eerste.

Manana het gesê hy gaan check hoe dinge vorder en dan volledige kommentaar verskaf. Sonwag steeds op hierdie kommentaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters