29 dae gelede
Kinders sal vir eers nie jab kry nie
Joe Phaahla  ~ Gallo Images

KINDERS jonger as 18 sal nog nie in aanmerking kom vir inenting teen Covid-19 nie.

Dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid, het Vrydag gesê die departement gaan voort met die inenting van volwassenes. 

"Veral diegene in die ouer ouderdomsgroepe."

Hy het verduidelik: "Diegene ouer as 50 loop 'n groter risiko vir erge Covid-19-infeksie, hospitaaltoelating of sterfte.

"Ons ignoreer nie die wetenskap of dat daar entstowwe goedgekeur is vir die gebruik van kinders nie.

"Ons wil hoë-risiko groepe eerste bereik. So ons benadering tans is onveranderd en ons fokus op hoë-risiko-groepe, wie ouer mense is." 

Hy noem dat die besluit om kinders ook in te ent sal afhang van die vordering wat gemaak word met die inenting van volwassenes en die land se entstofvoorraad.

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsprodukte-owerheid (Sahpra) het reeds die gebruik van die Pfizer-entstof vir kinders ouer as 12 jaar goedgekeur. Dit volg die goedkeuring van pediatriese proewe vir die Sinovac-entstof.

Volgens die minister sal die benadering moontlik teen einde Oktober hersien word. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters