2 maande gelede
Khayelitsha-pasiënt ’is nie reg behandel’
MASSAS: Mense kom gister in hulle dosyne uit om hulle Sassa-uitbetaling te kry.  ~ Jonathan Lestrade

DIE eerste bevestigde geval van Covid-19 in Khayelitsha het min gedoen om inwoners se gedrag te verander.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het Sondag gesê iemand in Khayelitsha is positief getoets vir die nuwe corona-virus.

Die pasiënt se naam is nie genoem nie. Daar is net gesê die mens het nie oorsee gereis nie.

Ondanks hierdie verwikkelinge het inwoners gister soos gewoonlik voortgegaan met hulle daily chores.

Die nasionale minister van vervoer, Fikile Mbalula, het ’n toegewing gemaak dat taxi’s bejaardes en gestremdes gister en vandag na die pay points kan vervoer.

Taxi’s sal na verwagting ook gebruik word om ander begunstigdes môre en die res van die week te vervoer.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Bongi­nkosi Madikizela, het gister verskeie pay points op die Kaapse Vlakte besoek.

Madikizela het gesê in Suid-Afrika is ’n lockdown nie prakties uitvoerbaar nie – veral as ’n mens die overcrowding in plakkerskampe in ag neem.

Social distancing is bloot onmoontlik vir diegene wat saam met ses of sewe ander mense in ’n shack woon.

Volgens Madikizela moet die regering die episentrum van die virus identifiseer en dit so gou moontlik isoleer.

Versuim

Volgens die minister is dit een van die redes dat Suid-Korea so effektief was daarmee om besmettings so gou moontlik onder beheer te kry.

Die Wes-Kaapse ANC-skaduminister van gesondheid, Rachel Windvogel, beweer die provinsiale departement van gesondheid het versuim om die pasiënt in Khayelitsha volgens die regulasies te isoleer nadat die mens positief getoets is.

Volgens Windvogel is die behoorlike stappe om die pasiënt af te sonder eers gedoen nadat die nasionale minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, gekontak is.

Windvogel beweer sedert die pasiënt positief getoets is, is sy en haar kind by ’n daghospitaal gehou.

Sy beweer ook die pa­siënt het geen kos of water gekry nie, want die dokters en verpleegsters het nie geweet hoe om haar te behandel nie.

“Ons is bly Mkhize sien die dringendheid van die saak,” sê Windvogel.

“Die provinsiale minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, is gekontak.

“Mbombo het gereël dat die pasiënt, haar kind en dié se nanny na ’n kwarantyn-site geskuif word,” sê Windvogel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters