12 dae gelede
Kerkhowe ’n kopseer oor Covid
AL HOE MEER: Verlede week is 30% meer begrafnisse in begraafplase in die Kaapse Metro aangemeld.  ~ Jonathan Lestrade

BEGRAAFPLASE in die Wes-Kaap en veral die Stad Kaapstad is onder geweldige druk.

Zahid Badroodien, mayco-lid vir gemeenskapsdienste en gesondheid in die Stad Kaapstad, het sy kommer uitgespreek oor sommige begrafnisse waar daar veral ’n gebrek aan sosiale afstand is.

Raadslede versprei ’n Facebook-plasing van Bad­roodien waarin hy vra dat begrafnisgangers te alle tye bedag moet bly op die noodsaaklike veiligheidsprotokolle.

Verlede week het begraafplase in die Kaapse Metro ’n toename van 30% in begrafnisse aangemeld.

Badroodien sê: “Van die 501 begrafnisse was 139 by die Klipweg-begraafplaas in Grassy Park, 121 by Maitland en 94 by Welmoed.”

Verassings is ook meer.

Aktief

Riana Geldenhuys, woordvoerder van die Drakenstein-munisipaliteit, sê dinge is nog onder beheer in die tweede grootste munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Sy noem: “Ons bestuur die pandemie streng met die toepassing van Covid-19-regulasies by begraafplase. In Drakenstein is 13 begraafplase, waarvan 11 aktief is.”

Familiegrafte in dié aktiewe begraafplase word reeds oopgemaak vir tweede begrafnisse. “Ons het gemiddeld so 12 begrafnisse per dag in die munisipaliteit. Begrafnisse vind net van Maandag tot Vrydag plaas.”

Volgens Geldenhuys is daar ook 6 933 nuwe grafte in die munisipale gebied beskikbaar.

Sy noem tot nou werk die begrafnisondernemers en die publiek goed saam en dus is daar geen probleme van mense wat nie die regulasies gehoorsaam nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters