Verlede maand
Kenner reken mense wys gou vinger na Covid-survivors
 ~ 

ALMAL besef die gevolge van die Covid-19-pandemie is nie beperk tot siekte en dood nie. 

Benewens die invloed van die siekte op die ekonomie, eis dit ook ’n persoonlike tol vir diegene wat positief getoets is vir die corona-virus. 

Benewens die siekte self, moet hulle sosiale en persoonlike stigma en diskriminerende gedrag die hoof bied.

Die beroemde kliniese sielkundige dr. Saths Cooper skryf hierdie optrede teenoor survivors van Covid-19 toe aan onkunde oor hoe die virus versprei, die behoefte om iemand te blameer, sowel as die vrees vir die dood.

In die afgelope 24 uur is 1?313 nuwe gevalle in Suid-Afrika aangemeld.

Dit bring die getal bekende gevalle in die land op 1 518 979 te staan.

Nog 104 mense het in dié tyd beswyk aan Covid-19-verwante komplikasies.

Dit maak die nasionale dodetal nou 50 566.Daar het ook 1 437 050 mense herstel, wat neerkom op ’n herstelsyfer van 94,6%.Cooper sê die om die stigma voort te sit is slegte menslike gedrag.

“Ons label mense vir oorlewing,” sê Cooper. “Ons is ook vinnig om ander mense te blameer vir ons eie gebrek aan gevoeligheid en die feit dat ons nie onsself oor kwessies probeer inlig nie.

Dus gee ons die samelewing die skuld, almal behalwe onsself.

“Ons is dus nie gewoond daaraan om die regte ding te doen nie.”

Hy voeg by: “Ons is ’n hoogs onetiese samelewing wat altyd elders soek.

Ons is nog nie op ’n plek waar ons self erken ek ’n mens wat in is staat om rasionele gedagtes te hê en verantwoordelik vir my optrede te wees nie.” – SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters