Verlede maand
Kanna se mayor in hospitaal met virus
Magdalena Barry  ~ Facebook

DIE uitvoerende burgemeester van die Kannaland-munisipaliteit, Magdalena Barry, is in die hospitaal opgeneem weens Covid-19.

Die munisipaliteit het onlangs op sy Facebook-blad aangekondig Barry se toestand is stabiel.

Die munisipaliteit skryf: “Geagte inwoners van Kannaland, hiermee word u as gemeenskap ingelig dat ons uitvoerende burgemeester, mev. M. Barry, positief getoets is vir Covid-19. Sy is tans opgeneem en is stabiel.

“Ons vra dat mev. Barry opgedra word in u gebede vir ’n spoedige herstel. Ons dink aan haar kinders en naas­bestaandes in hierdie tyd van herstel.”

Toestemming

Barry, ’n ANC-raadslid, het kort ná die 2016- munisipale verkiesings saam met haar adjunk, Phillipus Antonie, ’n koalisie met die DA gevorm.

Barry en Antonie het die koalisie sonder die ANC se toestemming aangegaan.

Die koalisie is op die been gebring om die vorige regerende party, Icosa, uit te skop.

Icosa, met drie setels, het 48% van die stemme gehad.

Die twee ANC-raadslede het met twee DA-raadslede gekombineer om met vier setels die mag oor te neem.

Die Wes-Kaapse DA-leier, Bonginkosi Madikizela, het destyds erken die koalisie was nie deur die DA goedgekeur nie, maar dit het goed gefunksioneer, want daar is dienste aan die mense gelewer.

Die provinsiale ANC-leierskap het vergeefs probeer om Barry en Antonie te herroep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters