2 maande gelede
Kanker survivor happy oor sy Covid-jab
wynne
Michael Wynne.  ~ supplied

IN 2020 het hy gery-loop van Kaapstad na die Noord-Kaap om bewusmaking oor kanker te skep en in 2021 het hy sy eerste Covid-19 jab gekry.

Michael Wynne van Kraaifontein wil ander nou aanmoedig om ook in die lyn te gaan staan vir hul steek.

Die 58-jarige wat tans in remissie is sê hy voel meer veilig na sy eerste jab.

Wynne verwerp ook al die valse nuus rondom die vaccine.

EWN berig hy is gelukkig oor hy sy moue kon oprol vir die inenting.

Wynne is in 2019 geopereer vir die behandeling vir dikderm- en prostaatkanker. Nadat hy geclear is van prostaat- en dikdermkanker het hy verlede jaar van Kaapstad na die Noord-Kaap gery-loop om bewusmaking te skep.

Byna 'n jaar na sy ryloop na Kimberley is hy dankbaar dat hy sy Covid-entstof kon kry.

"Dis 'n geleentheid wat familie en vriende, wie dood is aan die siekte, nie gegun is nie."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters