5 dae gelede
Kampus gaan online na 36 Covid-gevalle
stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch sluit kampus as gevolg van Covid-19 gevalle.  ~ verskaf

KLASSE by die Universiteit van Stellenbosch gaan vir die res van die kwartaal aanlyn geskied.

Dit volg nadat daar 36 positiewe gevalle van Covid-19 by die instelling was.

In 'n verklaring sê die universiteit dat studente en personeel sal aanlyn bly tot aan die einde van die kwartaal, op 18 Junie. 

Lokale waar studente op kampus byeenkom sal onmiddelik gesluit word.

Die verklaring lees: "Sedert Maandag is daar 36 positiewe toetsuitslae op die kampus, insluitende 'n aantal infeksies in die Metanoia-koshuis.

"Die persone wie geraak word is in isolasie of kwarantyn."

Volgens die universiteit hoop hulle maatreëls wat ingestel is self help om die situasie te beheer, vir assessering om van 21 Junie tot 24 Julie te geskied.

News24 berig intussen dat die universiteit data aan al die studente, behalwe diegene op die Saldanha-kampus, kortkursusse en postdoctoral studente sal gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters