24 dae gelede
Kabinet maan teen roekeloosheid
A laboratory worker places a test tube containing
Die kabinet is bekommerd dat Suid-Afrikaners optree asof Covid-19 iets van die verlede is.  ~ Getty Images

JY GAAN nog 'n paar dae moet wag voor die volgende familie-vergadering.

Die nasionale corona-virus-beheerraad vergader eers volgende week, waarna die kabinet sal vergader om die uitkoms daarvan te bespreek. Pres. Cyril Ramaphosa sal dan die land toespreek.

Ramaphosa en sy ministers is intussen wel bekommerd dat Suid-Afrikaners roekeloos en onverantwoordelik optree asof Covid-19 nie meer bestaan nie.

'n Beroep word op almal gedoen om aan die gesondheidsmaatreëls te voldoen, social distancing toe te pas, 'n masker in die publiek te dra en hande met water en seep te was.

"Hierdie aanhoudende gedrag wat ander in ag neem is die grootste verdediging om onsself en ander teen die virus te beskerm," lui die verklaring.

"Almal se verantwoordelike optrede help verseker dat ons die aantal infeksies laag hou, terwyl ons die ekonomie herbou."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters