12 dae gelede
Jou turn sál kom – dok
sy versoek: Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, vra mense om nie meer sonder afsprake na vaccination sites te gaan.Foto: Anele Mfazwe  ~ 

WAG asseblief jou beurt af.

Dís die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, se pleidooi aan bejaardes wat hul entstof wil kry.

Dit het gevolg ná berigte dat sommige senior burgers die laaste ruk sonder afsprake na die inentingslokale gaan.

Dit het na overcrowding gelei by sites soos die Lentegeur-hospitaal in Mitchells Plain.

Dis gedrag wat maklik in superspreader events kan ontaard.

Geduld

Cloete vra egter bejaardes wat nog nie geregistreer het nie om so te maak en dat hulle moet wag vir ’n SMS wat sal aandui wanneer en by watter fasiliteit hul afspraak is.

Volgens Cloete gaan daar in die nabye toekoms nie sogenaamde walk-ins – waar mense sonder afsprake hul entstowwe kan kry – geduld word nie.

Die oorgrote meerderheid van die beskikbare plekke per dag gaan gevul word deur mense wat wel vooraf geregistreer het.

Cloete verduidelik: “Hoe meer afsprake gemaak word, hoe minder plek gaan daar wees vir walk-ins.”

Hy sê verder die nuwe­ gevalle in die provinsie het die afgelope drie weke met 30% gestyg.

Die derde golf sal die Wes-Kaap na verwagting volgende week of die week daarna tref, sê Cloete verder.

Hy het benadruk dat die derde golf na verwagting ’n kleiner impak sal hê as die tweede een, wat erger as die eerste golf was.

Dit hang egter van die inwoners se gedrag af, waarsku Cloete.

Hy moedig mense weer aan om skares en byeenkomste te vermy en om aan te hou sanitisers gebruik, sowel as hul maskers te dra en ’n sosiale distansiëring te handhaaf.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, doen verder ’n beroep op bejaardes wat graag die entstof wil kry en nog nie geregistreer is nie, om so te maak. Winde sê wanneer die tyd kom om aan te beweeg na mense tussen 50 en 59 jaar, moet almal ouer as 60 al hul entstowwe gekry het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters