Verlede maand
Jongste Covid gevalle en sterftes in SA
covid 19,corona virus,disinfecting,covid19,health
Foto ter illustrasie  ~ 

TEEN Woensdagaand het nog 1 713 positief vir Covid-19 getoets wat maak dat Suid-Afrika nou 37 525 bevestigde gevalle in die land het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê: "Ons let op 'n patroon wat tot die uitbreek in die Wes-Kaap gelei het nou opbou in die Oos-Kaap.

"Saam het die twee provinsies 78% van alle positiewe gevalle. Ons rig ook bykomende aandag aan die Oos-Kaap, om te verseker dat die provinsie kan reageer om die toename in infeksies te beperk." 

Volgens die minister moet nog 37 Covid-19 verwante sterftes aangemeld word.

"Sewe hiervan was in die Oos-Kaap, een in KwaZulu-Natal en 29 in die Wes-Kaap. Dit laat Suid-Afrika met 792 Covid-19 verwante sterftes." 

Covid-19 syfers in SA: 3 Junie

Bevestigde gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 23 583
  • Gauteng: 4 567
  • Oos-Kaap: 4 526
  • KwaZulu-Natal: 2 707
  • Vrystaat: 319
  • Noordwes: 314
  • Limpopo: 200
  • Mpumalanga: 137
  • Noord-Kaap: 93
  • Nie toegeken nie: 5

Recoveries:

  • Wes-Kaap: 13 696
  • Oos-Kaap: 2 123
  • Gauteng: 2 169
  • KwaZulu-Natal: 1 248
  • Limpopo: 145
  • Vrystaat: 123
  • Mpumalanga: 86
  • Noordwes: 59
  • Noord-Kaap: 33

Covid-19 verwante sterftes:

  • Wes-Kaap: 597
  • Oos-Kaap: 95
  • KwaZulu-Natal: 54
  • Gauteng: 33
  • Vrystaat: 8
  • Limpopo: 3
  • Noord-Kaap: 1
  • Noordwes: 1

Covid-19 sterftes volgens ouderdom: 3 Junie
  • 0 - 9 jaar - 2
  • 10 - 19 jaar - 3
  • 20 - 29 jaar - 5
  • 30 - 39 jaar - 43
  • 40 - 49 jaar - 86
  • 50 - 59 jaar - 206
  • 60 - 69 jaar - 210
  • 70 - 79 jaar - 149
  • 80 - 89 jaar - 69
  • 90 jaar en ouer - 19
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters