12 dae gelede
Jong ma verloor stryd teen virus
Anishca
Anishca Morris  ~ Foto Verskaf

AS EK dit nie uit dié plek maak nie, onthou ek is lief vir julle.

Dit was Anishca Morris (24) van Ocean View se laaste voice note aan haar mamma, Deidre Morris. Die jong mamma van twee het Donderdagoggend haar stryd teen Covid-19 verloor.

Anishca het die boodskap gestuur voordat sy sowat drie weke gelede in ’n geïnduseerde koma geplaas is om te keer dat haar organe suurstof verloor.

Noodkeisersnee

Son het voorheen berig dat die swanger Anishca op 12 Desember hospitaal toe is nadat sy gesukkel het om asem te haal.

Die volgende dag is haar haar tweede kind, Azariah, met ’n noodkeisersnee gebore. Die kind is in haar ouma se sorg geplaas.

Anishca het nooit die kans gehad om haar baba vas te hou nie.



Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters