18 dae gelede
J&J vaccines weer aan die gang
OPTIMISTIES: Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê die provinsie is reg vir die uitrol van die tweede fase van die inentingsprogram.  ~ Anele Mfazwe

DIS nou all systems go vir die tweede ­fase van die inentings­program in die Wes-Kaap.

Só sê die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde.

Fase 2 sal na verwagting op 17 Mei afskop.

Winde het gister by die Karl Bremer-hospitaal met Son gepraat.

Die Sisonke/J&J-inentingsprogram het gister hervat vir gesondheidswerkers wat aan die voorste linies van die geveg teen die Corona-virus is.

Dit het gekom nadat die entstofprogram vroeër dié maand op ys gesit is nadat kommer oor die veiligheid daarvan aan die lig gekom het.

Die Suid-Afrikaanse Regulerings­owerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) het nou die groen lig vir die gebruik van die Sisonke/Johnson & Johnson-entstof gegee.

Winde sê: “Ek is baie dankbaar dat die Sisonke-program met sy uitrol kan voortgaan. Dit wil sê die inenting van ons ­gesondheidswerkers.

“Aan die einde daarvan is natuurlik die lewering van meer entstowwe.

“Dit sluit die Johnson & Johnson sowel as die Pfizer vaccine in. Dit sal deel van die volgende fase van ons inentingsprogram vorm. Dit ­begin na verwagting op 17 Mei.

“Sover lyk dit asof alles op koers is.”

Voorbereiding

“Ons gaan egter die ­volgende paar weke ­gebruik as voorbereiding sodat burgers van 60 jaar en ouer ook kan begin om hul entstowwe te kry.”

Hy moedig bejaardes aan om aanlyn vir die inentings te registreer.

Winde sê verder dat die Wes-Kaapse regering steeds voortgaan om sy eie entstowwe te verkry, al het die nasionale minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, laas week gesê dis nie nodig nie.

Winde sê sy span gaan steeds voort met pogings om entstowwe vir die Wes-Kaapse te verkry.

“Ek gaan dit vir eers nie stop nie, net ingeval iets skeefloop,” sê hy.

Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê 2,3 miljoen bejaardes sal na verwagting in die tweede fase in die ­Wes-Kaap ingeënt word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters