19 dae gelede
J&J booster jab word oorweeg
South Africa vaccine
COVID SHOT  ~ Getty Images

DIE regering kyk na die moontlikheid om ook 'n Covid-19 Johnson & Johnson booster jab in te stel.

Dr. Saadiq Kariem, bedryfshoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, verduidelik: "Daar word gewag op Sahpra, die gesondheidsproduktebeheerraad, en die nasionale departement van gesondheid om 'n besluit te neem oor 'n booster jab. Dit word wel tans deur hulle oorweeg." 

Volgens Kariem sal sodra die besluit geneem word ook geimplementeer word.

Hy erken dat baie gesondheidswerkers hoop op die booster jab.

"Sommige navorsing uit die buiteland toon dat booster jabs effektief is en die immuniteit versterk.

"Ons wag egter om te sien wat die nasionale departement hieroor besluit."

Intussen is reeds meer as agt miljoen Suid-Afrikaners ten volle ingeënt. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters