15 dae gelede
Jackson Mthembu toets ook positief
Jackson Mthembu  ~ Argief

DIE minister in die presidensie, Jackson Mthembu, is positief vir die corona-virus getoets.

Luidens 'n verklaring van die presidensie het Mthembu hom Maandag getoets nadat hy simptome begin toon het. Hy sal nou onmiddellik in selfisolasie gaan.

Mthembu is die vierde kabinetslid om binne 'n week positief te toets. Die ander is Boitumelo Elizabeth Moloi, adjunkminister van indiensneming en arbeid, Obed Bapela, adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake en David Mahlobo, adjunkminister van water en sanitasie.

"Mthembu is steeds in goeie gees en wens almal wat die corona-virus beveg, 'n spoedige herstel toe," lui die verklaring.

"Ons vra Suid-Afrikaners weereens om hul deel te doen deur voort te gaan om hul hande gereeld te was en te reinig en 'n masker behoorlik te dra terwyl hulle te alle tye fisiese afstand handhaaf."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters