22 dae gelede
Instellings gesluit wat regulasies minag
North West Health MEC, Madoda Sambatha. Photo by R
Madoda Sambatha, LUR van gesondheid in Noordwes.  ~ Rapula Mancai

DIE poskantoor en kantoor van binnelande sake in Wolmaranstad is gesluit weens die herhaaldelike oortreding van Covid-19-regulasies. 

Madoda Sambatha, LUR van gesondheid in Noordwes, het Dinsdag die bevel vir die sluiting gegee.

Sambatha het ook in Januarie vanjaar 'n supermark in Lehurutshe in Zeerust en 'n winkel in Tlokwe gesluit.

"Ons gaan voort om die voldoening aan Covid-19-regulasies toe te pas om die verdere verspreiding van die virus te voorkom. Ons gaan ook nie huiwer om enige besigheid of fasiliteit te sluit waar daar 'n totale minagting van Covid-19-voorkomingsmaatreëls is nie," het Sambatha gesê.

Noordwes het teen Dinsdag 58 610 gevalle al aangeteken. Die provinsie het Dinsdag 7 138 aktiewe gevalle gehad.

"Hoewel ons met die inenting van die entstof gaan begin, betken dit nie ander voorsorgmaatreëls soos social distancing, die dra van maskers en reiniging van hande moet afgeskeep word nie,"sê Sambatha. - News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters