6 dae gelede
Inmates happy oor jab
Gevangenes in die Joburg-gevangenis het gister hul jab begin kry.  ~ Christopher Moagi

INMATES in ’n tronk in Johannesburg pleit dat die publiek verstaan hulle is ook mens en geregtig op die Covid-entstof.

News24 berig die inmates is ewe opgewonde nadat hulle die week die Johnson&Johnson jab gekry het.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê dit is belangrik dat gevangenes en amptenare ingeënt word.

"So word die verspreiding van die virus in die tronk ook voorkom."

Een inmate, Lester Abrahams, wat Dinsdag sy jab gekry het vertel hy is verheug om aan die inentingsproses deel te neem.

"Tronke is oorvol. Daar is amptenare wat na werk na hul huise moet gaan. As 'n gevangene 'n amptenaar besmet kan die amptenaar die virus na hul families vat."

Taryn Fau, die eerste vroulike gevangene wat in die gevangenis ingeënt is, bieg: "Daar is inmates wat maar skepties was, soos baie ander in die land.

"Dit is iets nuut. Iets wat ons nog nooit voorheen gesien het nie."

Die departement van korrektiewe dienste mik om meer as 800 inmates per dag in te ent, om hul sperdatum van 10 Augustus te bereik.

Teen Maandag was 2 569 gevangenes in die land ingeënt.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters