Verlede maand
Ingrypings vir Wes-Kaap kan kom
Wes-Kaap premier Alan Winde groet pres. Cyril Rama
Wes-Kaap premier Alan Winde groet pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek aan Kaapstad vroeër vanjaar. FOTO: Twitter  ~ 

DIE Wes-Kaap is gekant teen nog 'n lockdown maar wel ten gunste van geteikende plaaslike interventions.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap se reaksie kom na  die nasionale corona-virusbeheerraad Dinsdag 'n bespreking oor die toename in Covid-19 gevalle bespreek het.

Winde sê: "Die Wes-Kaap self oorweeg ook om in te gryp om die toename in Covid-19 gevalle te bestry. Verder is ons van plan om met pres. Cyril Ramaphosa te gesels oor bestaande regulasies, tydens die beplande vergadering van die presidensiële koordineringsraad.

"Ons moet eers alles moontlik doen deur individuele en gesamentlike aksies om die styging in gevalle te beperk."

Hy sê 'n lockdown sal rampspoedig vir die ekonomie wees, wat tot nog meer werksverliese en 'n humanitêre krisis sal lei. Volgens hom is dit goed wat ten alle koste vermy moet word.

Volgens Winde is baie van die huidige toename in van die dele van die provinsie weens binnenhuise byeenkomste, veral met swak ventilasie.

"Die huidige getal van 250 wat toegelaat word om bymekaar te kom is te veel."

Winde beplan ook om die president te vra dat provinsiale regerings meer mag gegee moet word om aksieplanne in spesifieke geografiese gebiede te implementeer.

"Gedragsverandering wat  met common-sense gepaardgaan en geteikende, toepaslike aksieplanne is die beste manier om 'n balans te vind om die ekonomie oop te hou en die verspreiding van Covid te verminder."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters